Home / Archives / Other Archives / Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Bederf jou hele Gesin, en help iemand sonder een!

Desember is ’n maand van vrygewigheid, samesyn en bederf. Families kom saam en almal ontspan na die rowwe jaar wat verby is. Vir kinderhuiskinders, wat na ’n liefdevolle normale gesin van hulle eie verlang, bly die lewe egter altyd ’n uitdaging…

Jy en jou geliefdes kan hierdie feesseisoen help om vir die 210 inwoners van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria ’n beter 2019 te verseker én nog boonop pret hê ook, veral as Jan Tuisbly se karretjie julle voorland is en jy ’n aksieplan nodig het om jou kroos te vermaak.

Vanaf 1 tot 31 Desember 2018 kan Gautengse gesinne, vir die negende agtereenvolgende jaar, ’n toweragtige skouspel van die mooiste Kersfeesliggies en Suid-Afrikaanse musiek kom ervaar, ten bate van dié geliefde Kinderhuis wat baie afhanklik is van borgskappe en fondsinsamelingsprojekte, soos die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, vir sy voortbestaan.

Feesgangers by die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur musikante soos Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Martin Bester en vele meer.

Buiten vir die musiek, sal daar ook elke aand die geleentheid wees om miljoene Kersfeesliggies te bewonder en ook om verskeie kos- en kersmarkstalletjies te ondersteun. Kinders kan ook gereed maak vir opwindende treinritte, en ’n draai of twee op die mallemeule of perdjies.

Die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat met trots ondersteun word deur Pretoria FM, Coastal Hire, dW Audio & Backline, Ehlers Prokureurs, Status Hiring, ESD Waste Management, Unlimited Events Group en LaserX, kan daagliks vanaf 18h00 tot 22h00 besoek word en op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R30 per persoon.

Oudergewoonte, sal die fees plaasvind op die Kinderhuisgronde; Talitha Kumistraat 1, East Lynne, Pretoria; en kan die publiek vertonings deur die volgende kunstenaars op die datums hieronder bywoon:

 

Kies die dag wat jy wil gaan, Of kom sommer vir almal:

1 Desember:

Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert

2 Desember:

Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx

7 Desember:

Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott

8 Desember:

Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco

9 Desember:

Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes

12 Desember:

Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss

14 Desember:

Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies plus ’n Laser X-vertoning!

15 Desember:

Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK plus ’n Laser X-vertoning!

21 Desember:

Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase

24 Desember:

Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp

Voel jy om betrokke te Raak?

Indien jy of jou besigheid ’n amptelike borg wil word of ’n skenking wil maak vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, kontak gerus vir Gary van Veenhuyzen direk by marketing@jacarandachildren.co.za of 073 844 9994 vir meer inligting. Jou bydrae sal baie waardeer word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top