Home / Big Screen / South African Films / Griekwastad nog op Box Office tot 2 Julie 2020

Griekwastad nog op Box Office tot 2 Julie 2020

Laaste kans om Arnold Vosloo en Alex van Dyk se lokkettreffer te sien.

Amper 100 000 mense het reeds Griekwastad via Box Office gesien, en fliekgangers kan nog die film aanlyn kyk tot 2 Julie 2020 op DStv Box Office, asook die Box Office webtuiste.

Griekwastad handel oor die gruweldade wat die wêreld in 2012 tot stilstand geruk het, en is gebaseer op die boek ‘Die Griekwastad-moorde – Die misdaad wat Suid-Afrikageruk het’ deur Jacques Steenkamp. Wêreldberoemde Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, vertolk die hoofrol van Kolonel Dick De Waal, en SAFTA wenners Tertius Kapp en Jozua Malherbe is onderskeidelik verantwoordelik vir die teks en regie.

Lees ons onderhoud met Arnold Vosloo Hier.

Op 6 April 2012 is Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hulle tienerdogter in die leefvertrek van hulle plaashuis op hul plaas Naauwhoek in die Noordkaap vermoor. Hul vyftienjarige seun het net na sonsonder by die Griekwastad-polisiestasie ingestorm, sy gesig, hande en hemp vol bloed. Hy het vir die polisie gesê dat sy gesin die slagoffers van ’n plaasmoord was en dat hy in die skuur weggekruip en eers teruggegaan het na die huis nadat die skietery opgehou het. Sy suster het in sy arms gesterf.

Griekwastad vertel die storie van die soeke na die waarheid oor wat daardie aand werklik gebeur het.

Die rolprent is vervaardig deur SCENE23, bestaande uit Deon Meyer, Tim Theron, Cobus van den Berg en Tracey Lange. Die rolverdeling sluit in onder andere Arnold Vosloo, Alex van Dyk, Jane De Wet, Albert Pretorius, Albert Martiz, Deon Lotz, Ira Blanckenberg, Rolanda Marais, Tim Theron, Jody Abrahams en nog vele meer.

Griekwastad is nou beskikbaar op die Box Office Webtuise Hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top