Home / Archives / News Archives / Fiëstas 2015: Hier is die Benoemdes

Fiëstas 2015: Hier is die Benoemdes

Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings was vroeër vanjaar op Flits, kykNET se aktuele vermaakprogram, aangekondig. Die Fiëstas is die enigste toekennings in sy soort in die land en akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars word sedert 2011 vereer vir hul uitsonderlike werk by die land se grootste kunstefeeste.

Die Fiëstas word op 18 Februarie 2016 by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach en June van Merch en Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar sal as gas-aanbieders optree.

Hier is die kategorieë, en die moontlike wenners:

 

BESTE AKTEUR

Albert Pretorius ‒ Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)

André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)

Stian Bam ‒ In Glas (KKNK)

Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

 

BESTE AKTRISE

Anna-Mart van der Merwe  – Skuldeiser (Woordfees)

Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Sandra Prinsloo ‒ Die Dag is Bros (Innibos)

Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

BESTE MANLIKE BYSPELER

Dean Smith – Die Dag is Bros (Innibos)

De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

BESTE VROULIKE BYSPELER

Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Tinarie van Wyk Loots – Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)

Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

BESTE REGIE

Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

BESTE TEATERONTWERP

Birrie le Roux – Skuldeiser (Woordfees)

Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)

Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)

Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) ‒ Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING

Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos)

Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK)

Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees)

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE PRODUKSIE

Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Nico Scheepers, Cintaine Schutte, Milan Murray en Antoinette Louw – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

Wessel Pretorius – Die Dag is Bros (Innibos)

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees)

Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters Waar Rus Is (Woordfees)

US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)

Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet –  Odeion-strykkwartet met Zanne Stapelberg (SOF)

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS

Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Museum (Aardklop en Woordfees)

Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)

Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop)

Sandra Hanekom – Die Burger 100 Jaar-uitstalling (SOF)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

In die Grond van die Wind (Aardklop)

Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)

BESTE AANBIEDING

Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Die Dag is Bros (Innibos)

In Glas (KKNK)

Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

 

Die drie persone wat by die Fiëstas vir hul lewensbydrae vereer word, is Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns).

Die toekenning vir die gewildste fees asook die Blou Stoel-toekenning word by die toekenningsaand bekend gemaak.

Die toekennings word op 18 Februarie tydens ‘n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die geleentheid word regstreeks om 20:00 op kykNET (Kanaal 144) uitgesaai.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top