Arendsvlei

kykNET & kie bring Telenovela soos nog nooit tevore.

ArendsvleikykNET & kie bring vanaf 1 Oktober die eerste splinternuwe telenovela, Arendsvlei, wat drie dae ’n week van Maandag tot Woensdag te sien sal wees.

Arendsvlei  is ’n fiktiewe dorp in die noordelike voorstede van Kaapstad. Hoërskool Arendsvlei, is ’n onafhanklike skool en vorm die middelpunt van alles.  Die skoolhoof Beatrice, vertolk deur Jolene Martin, het die skool gestig om vir die kinders in die gemeenskap ’n goeie opvoeding teen ’n bekostigebare prys te bied. Dis ’n passieprojek wat gefonds is deur erfgeld na haar pa se dood.

Verbode liefde, skuld, skandaal, drama, liefdesdriehoeke, passie, moord, familie, drome: al hierdie kenmerk Arendsvlei.  Die toesighoudende vervaardiger van kykNET, Janine Cornelius, is baie opgewonde oor dié nuwe reeks en sy deel dat kykers hope drama kan verwag, want nie almal in Arendsvlei het goeie bedoelinge nie…

Afgesien hiervan, is daar ’n fantastiese rolverdeling wat ou bekendes insluit, maar ook nuwe talentvolle akteurs, veral onder die jonger karakters, wat aan die kykers voorgestel word.

Die skrywer Theltom Masimila noem dat die taalgebruik Kaaps is: baie gemaklik en eie aan die mense wie se stories vertel word. Masimila vertel dat hulle nie kan nie wag om die kykers te vermaak met karakters, wat sy van mening is, baie beslis in hul harte gaan kruip nie.

Die volledige rolverdeling sluit in Oscar Petersen as David, Jolene Martin van as Beatrice, Ernest St. Claire as Christopher, Maria Valente as Samantha, Jody Abrahams as Lionel, Melanie Du Bois as Ronel, Crystal-Donna Roberts van as Janice, Sherman Pharo as Thys, Dillon Windvogel as Vernon, Gretchen Ramsden as Nicolene, Dean Richard Olivier as Anton, Ann Juries as Claudia, Rehane Abrahams as Wendy, Christian Bennet as Emile, Kay Smith van as Debra, Craig Adriaanse as Wesley, Roberto Kyle as Lee-Roy, Celeste Mathews as Aunty Gertie en Joseph Mitchell as Uncle Johnny.

Dié 156-episode-reeks is verfilm in Kaapstad en word vervaardig deur Penguin Films, eksklusief vir kykNET & kie, en kom tot ’n einde in September 2019.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top