Home / Archives / Small Screen Archives / Tiaan Onthou

Tiaan Onthou

Van Ouma se skate, tot op die Kassie.

Tiaan LangeneggerOp 1 Oktober begin Tiaan Onthou waarin Tiaan Langenegger die land deurkruis op soek na oumas se geheime in die kombuis. Sy grootste vrees, sê hy, is dat ons gaan vergeet hoe om werklik te kook.

Volgens Tiaan, is dit deesdae net te maklik om klaargemaakte kos te koop of self disse te maak wat jy net in die oond druk om iets op die tafel te sit. Hy verneem egter dat niks by die manier waarop ons oumas gekook het kom nie.

Tiaan het nou saam met Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger van programme soos Kokkedoor en Koekedoor, gewerk om die regte inhoud vir Tiaan Onthou te kry.

In elke program is daar ‘n ouma wat wys hoe sy haar bekende resep maak en ek sal dan my eie kinkel aan die resep gee. Dit is vir hom geweldig belangrik dat ons Suid-Afrikaanse koserfenis behoue moet bly.

Almal onthou daardie dae toe jy jonger was en by jou ouma se huis aangekom het en daar is bakke en bakke vol kos op die tafel. Tiaan wil daardie resepte, met al hulle verskillende geure en smake, gaan soek. Hulle het daardie dae met basiese bestanddele gekook en sonder die kortpaaie wat ons deesdae gebruik. Tiaan verduidelik dat as ons nie begin om daardie metodes vas te lê nie, gaan dit verlore gaan.

Vir Tiaan is dit asof daar amper ‘n generasiegaping in hoe ons kook is. “Ons oumas het nog werklik gekook, maar deesdae is gerief die belangrikste. Ons moet weer werklik begin kóók.”

Hy hoop ook dat die program kykers nie net ouma se resepteboek laat nader trek nie, maar ook die foon laat optel om te hoor hoe dit met ouma gaan. Hy glo hulle gaan met hierdie program ‘n skatkis van resepte ontdek, resepte wat vir die nageslag bewaar sal bly.

Skakel in vir Tiaan Onthou vanaf 1 Oktober 2018 op DStv-kanaal 144 en gesels saam op sosiale media met die hutsmerk #TussenOns.

2 comments

  1. Tiaan onthou
    Haar resep asseblief vir brood en suurdeegreseo
    Het program gekyk ..geen duidelikheid hoeveel sout gebruik is nie
    Geen duidelikheid wat by meel gesit is met eerste knie voor aartapoelsuurdeeg bygevieg is nie
    Geen idee of alles van aartapoelsuurdeeg by meel gevoeg is
    Dankies sal waardeercword om bg inl8gting te ontvang
    Puik idee Tiaan

  2. Jip, sit en kyk hier in Nieu-Seeland en wonder self oor die resepte. Sal dit graag hier wil probeer, maar met dit wat ek kon sien op die program sal dit maar bra tref en trap gaan.
    Waar kry ons die resepte?
    Groete

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top