Home / Archives / Music Archives / Mari Bosman: Hou Vas

Mari Bosman: Hou Vas

Hierdie is ‘n Boodskap van Hoop!

Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as rooiwyn rock beskou kan word, is deurdie talentvolle sangeres self geskryf.

Hou Vas is ’n folk-pop liedjie wat hoop gee in ’n donker land. Sean Manley het die verwerking van die liedjie gedoen, terwyl die bekwame Vaughan Gardiner gesorg het vir die meng en meester daarvan. Ricus Nel het op sy beurt gesorg vir die kitare op die liedjie. Hoe dan anders, as om met die beste te werk vir so ‘n positiewe boodskap…

Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer en aanmoedig om die lewe met al twee hande aan te pak.

Die musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem is, speel hoofsaaklik in Vaughan Gardiner en Hugo Ludik se ateljee af en beeld die proses uit vanaf inspirasie kry vir ’n liedjie, tot die finale produk.

Mari is reeds twaalf jaar in die musiekbedryf doenig, en sê om ’n vehoog met van Suid-Afrika se top kunstenaars te deel, een van haar hoogtepunte is sover. Sy put gereeld inspirasie uit plaaslike kunstenaars en liedjieskrywers soos Valiant Swart, Jan Blohm, Karen Zoid en Elvis Blue.

Mari glo soos die bedryf konstant verander moet kunstenaars hulself verander om by tye aan te pas. “Die musiekbedryf verg ook baie geduld, harde werk, geloof en uithouvermoeë,” vertel sy.

Benewens die uitreiking van haar nuwe liedjie en musiekvideo is Mari ook druk besig om aan haar tweede album, wat in samewerking met BBS Records opgeneem word. Volgens Mari is die nuwe album vol lekker-luister-liedjies en musiek met ’n dieper betekenis. “Ek wil mense aanraak deur lirieke en hulle ’n rede gee om weer positief te voel oor die lewe en die liefde.”

Comments are closed.

Scroll To Top