We are Proudly South African
Home / Music / Petronel Baard Stel Musiekvideo vir ‘Die Heelal Draai’ Bekend

Petronel Baard Stel Musiekvideo vir ‘Die Heelal Draai’ Bekend

Die kabaretster, Petronal Baard, het sopas die musiekvideo vir haar nuutste album se titelsnit, ‘Die Heelal Draai’, bekendgestel.

Die musiekvideo is deur Wessel van Heerden vervaardig en baie kleurvol in volle kontras met die meer swart en wit tekstuur van die fadista wat sy deurgaans vir Die Heelal Draai-album gebruik het.

Haar kabaretvertoning, Musiek van die Lang Vrou: Die Heelal Draai, wat inhoud van dieselfde album bevat, is een van die produksies wat ook gely het onder hierdie jaar se kansellasie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) as gevolg van COVID-19. Hierdie vertoning van haar sou sy buiging kom maak het, twinting jaar na haar eerste solo-vertoning by die fees, wat destyds musiek ingesluit het van haar album, Lank Al.

Maar, Petronel het nie gaan stilsit nie. Sy doen gereeld aanlyn konserte en het ook pas haar nuwe webtuiste bekendgestel.

Luister of Koop ‘Die Heelal Draai’ hier: https://petronelbaard.com/albums/die-heelal-draai/

About Stage and Screen Partner

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

Scroll To Top