Home / Archives / Small Screen Archives / Skryf in vir Grapkas

Skryf in vir Grapkas

Is jy die volgende Lag-Genie vir die Klein Skerm?

 

Het jy ‘n idee vir ‘n idee vir ‘n televisie komedie wat jy al lank mee rondloop? Daardie karakters wat jy weet kykers mee sal kan identifiseer; onmoontlike situasies met skreeusnaakse gevolge. Nou is jou kans om jou idee voor te lê en joune word dalk gekies om verder saam met kykNET en GRAPKAS ontwikkel te word.

GRAPKAS is ‘n nuwe kompetisie waar daar na nuwe komedieskrywers gesoek word en hulle die geleentheid te gun om onder die mentorskap van ‘n groep kenners hul idees verder te ontwikkel. Die uiteinde is moontlik ‘n TV-reeks met jou in die skrywerstoel.

“Ons gebruik die afgelope paar jaar die kykNET Silwerskermfees om jong talent te ontgin en dit is vir ons ‘n groot suksesverhaal,” sê Karen Meiring, MNET: Direkteur kykNET-kanale. “Heelwat van die rolspelers in die filmbedryf vandag het die fees as hul vertrekpunt gehad. Ons hoop nou om deur GRAPKAS dieselfde te doen met ‘n baie gewilde TV-genre naamlik komedie. Dit is tyd dat ‘n platform spesifiek daarvoor geskep word en ons nuwe stemme gaan soek wat ‘n loopbaan vir hulself kan bou.”

Voornemede deelnemers kan elektronies by kykNET.tv inskryf. Elke inskrywing moet uit ‘n loklyn, met ander woorde ‘n beknopte beskrywing van jou reeks, asook ‘n beskrywing van 500 woorde van jou konsep bevat. Die sluitingsdatum is 15 Julie waarna ‘n keuringsproses sal volg. Onder leiding van kenners en mentors vanuit die bedryf sal die top-20 konsepte verwerk word tot ‘n teks van 24 minute wat dan vir oorweging ingehandig sal word. Daar sal dan loodsepisodes van die top-4 gemaak word en dit staan dan die kans om ‘n nuwe komediereeks op kykNET te word.

Inskrywings is oop vir almal. Die inskrywings moet egter volledig wees met alle aspekte soos aangevra anders sal dit nie vir GRAPKAS in aanmerking kom nie.

Kliek hier vir meer inligting, die termes en voorwaardes, asook die inskrywingsvorm

 

Comments are closed.

Scroll To Top