Home / Archives / Music Archives / Nagligte: Ons

Nagligte: Ons

Nagligte verras met nuwe enkelsnit en video.

Die rockgroep, Nagligte, het gedurende die tweede helfte van 2015 hulle debuutalbum, Hoop in die Donker, vrygestel.  Dié album is baie goed ontvang en het onmiddellik aandag gterek.  Liedjies soos Dit Stop Nou, Bly, Hoop in die Donker en Ongeloof(lik), het aanhangers gaande gehad en kan steeds op radiostasies landswyd gehoor word.

Die groep wat bestaan uit Jacobus “Roof” Brink as voorsanger op kitaar en klavier, Wynand Jonker op kitaar en Daniël “Eddie” Brink op dromme. Nagligte is deur Bok Radio vir Groep van die Jaar vir die 2017 Bokkie toekennings benoem.

Gedurende 2016 is hulle vir twee Ghoemas benoem en in Oktober 2016 het hulle weggestap met twee Bokkie toekennings vir Nuweling van die Jaar en ook Groep van die jaar.  Die afgelope jaar was hulle terug in die ateljee en verras nou met ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo getiteld, Ons.

Ons gaan oor verhoudings en spreek spesifiek oor verhoudings wat nie wedersyds voordelig is nie.  Dis ‘n song wat beskryf hoe ‘n liefdesverhouding oor tyd voor uitdagings te staan kom, en hoe jy daardie oorspronklike liefde moet herontdek”, sê Jacobus.

Comments are closed.

Scroll To Top