Home / Archives / Music Archives / 1925 Band: Eintlik Nogal Baie

1925 Band: Eintlik Nogal Baie

Eerste Album vir Nuwe Trio

1925 BandDie 1925 Band, wat bestaan uit drie super-talentvolle broers, se langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, word in September 2017 vrygestel.

Die naam van die album, Eintlik Nogal Baie, was ook die tema-lied van die gelyknamig film wat in November 2016 uitgereik is. Die liedjie het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal, die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans gekomponeer.

Reno, Jeff en David-Lee Gericke het in 2010 besluit om professioneel te begin musiek maak en het onlangs ‘n platekontrak by Storm Rekordz losgeslaan. Die Moederstad is tans hul heenkome, maar hulle toer gereeld deur die land vir optredes.

Reno sê dat sy broer, David, se meisie oorspronklik die inspirasie was agter die liedjie, Eintlik Nogal Baie. ”Die liedjie gaan oor hoe vêr ’n mens sal gaan om geluk te vind en hoe lief jy kan raak vir iemand. ‘n Ou soek die perfekte meisie om alles saam met hom te doen en wanneer hy haar vind is hy gelukkig. Die wysie van die liedjie is vars en anders en luisteraars sal kan saamsing, maar ook terselfdertyd verlief, hartseer en opgewonde voel wanneer hulle daarna luister,” verklap Reno, die ouboet van die groep.

Die nuwe album spog met 9 oorspronklike liedjies en 2 bonussnitte. “Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel,”  sê Reno.

David en Jeff skryf meeste van die liedjies en word gewoonlik deur verskeie faktore geinspireer.“Ons inspirasie vir die nuwe album kom hoofsaaklik uit ons ondervinding en ons groot skuif van Pretoria na Kaapstad. Ons is werklik trots op die album” sê Jeff.

Die albumvrystelling sal in September in Kaapstad en Pretoria plaasvind. Hou 1925Band se sosiale media dop vir meer inligting.

Comments are closed.

Scroll To Top