We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Vincent Gordon: Dis die Liefde Wat Tel

Vincent Gordon: Dis die Liefde Wat Tel

Stap Soos Karlien, Maar dis die Liefde wat Tel.

Ná die weghol sukses van Vincent Gordon se eerste enkelsnit, Stap soos Karlien, is dié sanger weer op almal se lippe met ’n nuwe enkelsnit vanaf sy debuut-album, Asem… en dis net betyds vir die maand van liefde!

Dis die Liefde Wat Tel, uit Vincent se eie pen, gaan oor die liefde wat meer gewig dra aan die einde van die dag en wat staande sal bly teenoor aardse dinge en voor opgestelde idees wat nie altyd waarde dra nie.

Volgens Vincent lê die liedjie hom na aan die hart omdat liefde ’n mens deur moeilike tye dra. Die lirieke is vermaaklik en die melodie propvol ritme en lewe. Die liedjie het boonop ook ’n positiewe boodskap: Jy hoef nie alles in die lewe te kan doen om goed genoeg te wees nie – jy sal altyd ’n goeie eienskap hê, iets wat jou spesiaal maak vir iemand anders.

Die musiekvideo, wat deur Cinastage opgeneem en vervaardig is, speel af op drie verskillende plekke, No.89 Hazelwood, IQ Brooklyn en Rademeyers Park. Volgens Vincent het hul doelbewus dit so gedoen om die kwaliteit en effek te verseker wat ’n mens nie aldag in Afrikaanse video’s sien nie.

27-Jarige Vincent Gordon is ’n sanger vir wie musiek lank reeds deur sy are vloei. Van jongs het hy geweet musiek is vir hom en op die ouderdom van nege het hy reeds vir ’n gehoor opgetree. Sedert 2013 kan van sy musiek ook op radiostasies gehoor word.

Hy som sy stem op as smaakvol, nuut en ’n bederfie vir die oor. Ferdinand Skead, ’n vriend van Vincent is ’n groot inspirasie vir hom. Hy sal ook eendag saam met die sanger Bobby van Jaarsveld, ’n liedjie wil skryf en sing.

Die Mnr Gordon luister graag na musiek waarmee hy op ’n spesifieke oomblik in sy lewe kan identifiseer, maar lig egter Enrique Iglisias uit as ’n kunstenaar wat sy sangstyl beïnvloed. Verder bieg hy ook dat hy maar skaam is wanneer hy nuwe mense ontmoet en sou graag ’n vlieënier wou wees indien musiek nie vir hom beskore was nie.

Vincent het al verskynings op TV-programme soos JAM, Skoonma se Tong en Die GROOT Ontbyt gemaak en is gereeld te hoor op radiostasies soos Groot FM, Hosa Radio, Bok Radio, IFM, Luister FM, Knysna FM, Algoa FM en soveel meer.

Vir Vincent is daar ’n groot toekoms en behalwe vir optree en sy ondersteuners ontmoet, is dit sy debuut-album, Asem, wat him tans besig hou.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top