We are Proudly South African
Home / SA Music / Female Artists / Sunel: Hart se Wens

Sunel: Hart se Wens

Van die Hart op jou Mou, Tot die Hart se Wens…

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, Sunel, wat bekendheid verwerf het vir haar debuut-enkelsnit, Fickle Heart en wie se tweede enkelsnit, Hart Op Jou Mou, bo-aan verskeie trefferparades gepryk het, het onlangs haar derde enkelsnit en musiekvideo, Hart se Wens vrygetel.

Sunel het Hart se Wens  self geskryf en dit is gebasseer op ‘n liefdesteleurstelling.  Dit is die tipe liedjie wat jy moet luister as jou hart werklik vir die eerste keer gebreek word.

Die liedjie was reeds klaar geskryf en opgeneem, maar toe kruis haar paaie met die van Hugo Ludik en Vaughan Gadiner van Muse Produksies.  Hulle was opgewonde om haar te help om die liedjie tot sy volle potensiaal te bring en iets heeltemal uniek te skep.

Die musiekvideo is in Johannesburg in ‘n groot stoor kamer geskiet en vervaardig deur Fathom Media.  Die konsep agter die video was om iets te skep wat eenvoudig, tog treffend is.  Om iets te skep wat die fokus werklik om die liedjie plaas en om al die emosie wat saam met die liedjie kom uit te bring.  Iets kwesbaar, maar tog sterk.  Sunel sê dit was wonderlik om saam met Jacques Loots en sy span by Fathom Media te werk: “Hulle het dit vir my so spesiaal gemaak as wat hulle kon.  Jay het dieselfde visie vir die video en liedjie gehad as ek en ons het dieselfde kreatiewe energie gehad”.

Hart se Wens is binnekort beskikbaar op alle digitale musiekwinkels.

Sunel se debuut-album sal aan die einde van Mei 2019 vrygestel word.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top