We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Samantha Leonard: Jou Hart sal Heel Raak

Samantha Leonard: Jou Hart sal Heel Raak

Nuwe Musiek Video vir The Voice Heldin!

Samantha Leonard se tweede enkelsnit, Jou Hart Sal Heel Raak, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie treffende ballade. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.

Die musiekvideo is by Amorosa, aan die voet van die majestieuse Magaliesbergreeks, tussen Pretoria-Noord en Hartebeespoortdam, geskiet. Ryno Mans van RM Productions het die video geskiet en Samantha het die konsep uitgedink en die regie behartig.

Samantha vertolk die diep lirieke van Jou Hart Sal Heel Raak in ‘n asemrowende trousaal, asook buite tussen die bergreeks by ‘n klavier, terwyl water oral op en om haar afstroom. Die mooi natuur  met die berge in die agtergrond was die perfekte plek om die boodskap oor te dra dat ons altyd die mooi in die lewe moet probeer onthou, al dra ons soveel seer saam ons elke dag.

Dit was nogal ‘n uitdaging op die dag aangesien die produksiespan net ‘n uur gehad om die klaviertonele buite te skiet, vir die perfekte beligting met die sonsondergang.

Samantha Leonard se debuut-album word op 1 Maart 2019 uitgereik.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top