We are Proudly South African
Home / All Highlights / Plaasjapie: Skryf nou In

Plaasjapie: Skryf nou In

kykNET se Plaasjapie beloof ‘n Groot Oes met Groot Pryse!

Kan jy vir  een maand op ‘n plaas oorleef? Skryf in vir kykNET se nuwe realiteitsprogram, Plaasjapie, en bewys dat jy ‘n boer is wat ‘n plan kan maak.

Plaasjapie is kykNET se splinternuwe realiteitsreeks wat deelnemers die geleentheid gee om te wys of hulle die deursettingsvermoë het om op ‘n plaas te oorleef. 20 stads- of dorpmense (wat geen plaas- en boer ervaring het nie) word weggevoer na ʼn plaas om vir ʼn maand in ʼn skuur te leef en werk. So as jy dink jy kan harde bene kou, maar ook uithouvermoë het en slim genoeg is, dan is Plaasjapie vir jou.

As jy dink dat dit kinderspeletjies is om op ‘n plaas te woon en werk, dink weer, want met Plaasjapie gaan jy met die basiese elemente op ‘n plaas moet oorleef – dit beteken geen van die luukshede wat op vandag se moderne plase te vind is nie. Diegene wat hul spanmaats uitoorlê in die uitdagings sal die geleentheid kry om sekere luukshede vir hulself te wen, maar die res sal maar moet voel hoe dit was om op ‘n plaas van jare gelede te woon.

Plaasjapie gaan nie net oor oorlewing en fisiese werk op ‘n plaas nie – allesbehalwe. Dit gaan oor strategie, deursettingsvermoë en slimmer wees as die res van die deelnemers. En planne beraam, want dis tog wat ‘n boer doen. Sommige van die uitdagings vind plaas in spanne, en ander is individuele uitdagings. En, daar mag dalk ‘n gekonkel agter jou rug wees, wat jy tot jou voordeel kan gebruik, of wat jou moontlik jou kaartjie huis toe gaan kos. So, maak seker jy weet wie jou ware vriende is en wie is wolf in skaapklere…

So, as jy kans sien vir die uitdaging van woon en werk op ‘n plaas, slim alliansies kan vorm, strategieë kan uitwerk, ‘n plan soos ‘n boer kan maak, en, belangrikste van alles, ‘n maand sonder die luukshede waaraan dorps – en stadsjapies gewoond is, maak seker jy skryf voor 15 Februarie 2020 by kykNET.tv in. Nie net staan jy die kans om as kykNET se eerste Plaasjapie aangewys te word nie, maar daar is groot pryse op die spel.  

#

2 comments

  1. Carlo Mazzoncini

    I am a fire fighter and work shifts. Is there any indication of the month the show will be filmed in as we are only allowed two people on leave at any given time.

    I would like to put my name up for leave now already in case i do get chosen.

    Any indication of the month would be appreciated. Kyknet did not know so if anyone here can assist please as i do not want to miss out. Closing date for entries is 15 feb but it is crucial to know the month the show will be shot as it gives me the opportunity to put my name up for leave before others beat me to it.

  2. Hello Carlo,

    I just received confirmation from the production house that will be producing Plaasjapie for kykNET.
    Filming on location will take place in May this year, after the audition and selection processes are completed.

    All the best if you enter, and if you make it, we’ll run a feature on you, here on Stage and Screen.

    Curtains Up
    Louw

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top