Home / Archives / Music Archives / Met Sy Nuwe Enkelsnit, If You Get Corona, Pleit Pierre Nel vir Verantwoordelike Optrede

Met Sy Nuwe Enkelsnit, If You Get Corona, Pleit Pierre Nel vir Verantwoordelike Optrede

Pierre Nel se nuwe enkelsnit, If You Get Corona, is in lyn met die pandemie waarin Suid-Afrika – en die res van die wêreld – hulself tans bevind en met dié country-pop oorwurm pleit hy dat almal verantwoordelik sal optree. Hy beklemtoon ook die feit dat die toekoms en voortbestaan van die mensdom nou op elkeen se skouers rus.

If You Get Corona is geskryf om mense se oë oop te maak vir die erns van die situasie en ek hoop dat dié liedjie ook sal bydra om ons as ’n nasie te verenig in hierdie tyd van isolasie,” het dié dokter en sanger verduidelik.

In die liedjie word die Corona-virus verduidelik en die luisteraar word die vraag gevra of hy of sy met die onus op hul skouers wil loop dat hulle dalk – deur onverantwoordelike optrede – iemand anders kan aansteek en moontlik vir hul dood verantwoordelik wees.

Met “If You Get Corona” wil Pierre mense se harte aanraak en hy hoop dat dit ’n impak op mense se gedrag tot gevolg sal hê.

“As mediese dokter is ek self ook bekommerd oor die mediese sisteem se vermoë om massas pasiënte te versorg,” het Pierre gesê.

Die musiekvideo is reeds vrygestel deur JacarandaFM en vertel die storie van twee persone wat mekaar motiveer om hande te was en self te isoleer. As hulle hulself in die buitewêreld bevind tree hulle dan op as Infeksiebeheer Polisie.

Die liedjie kan landswyd op radiogolwe geniet word en is op digitale musiekplatforms beskikbaar.

Pierre, wat as dokter ook nog planne het om te spesialiseer in narkose of oogheelkunde, se enkelsnit Mis Jou is ook onlangs vrygestel en handel oor die verlange na ’n geliefde en roer luisteraars se harte met die wete dat storieboekliefde wel bestaan. In die musiekvideo kry sy woorde lewe as die hoofkarakter ’n eksperimentele prosedure ondergaan om die herinneringe, verlange en pyn te verwyder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top