Home / Reviews / Afrikaans Film Reviews / My Father’s War

My Father’s War

Baanbreker film skuif grense

deur Louw Mulder

 

Edwin van der Walt by die Premiere van My Father's War

Edwin van der Walt by die Premiere van My Father’s War

Ek kan die films op my een hand tel waarin ek skelm-sklem ‘n traan of drie moes af vee weens die boeiende greep wat die storielyn op my gehad het. My Father’s War, is beslis die eerste Suid Afrikaanse rolprent in hierdie kategorie. Nie net is dit ‘n storie vol-op drama, intrige en oorlogstonele nie, maar dit is die storie van ‘n wonderbaarlike versoening tussen pa en seun, wie se boodskap tot kaal op die been sny.

Baie elemente dra by om ‘n rolprent so effektief soos die een te maak. Nie net is mens weer opnuut trots op die kaliber van rolprente wat deur Suid Afrikaanse flmmakers vervaardig word nie, maar die boodskap laat jou ten einde met baie om oor te dink. Die boodskap vir my persoonlik, is hoe baie ons as mens mense beoordeel, en onself toelaat om ander mense te behandel, als gebasseer op oningeligte idees en verwronge persepsies van die waarheid. Die tema van My Father’s War spreek boekdele: ‘Die waarheid sal jou vry maak’.

Stian Bam by die Premiere van My Father's War

Stian Bam Speel Dawid Smit My Father’s War

Dap Smit is ‘n jong man wat alleen deur sy ma, Carina Smit groot gemaak word. Hierdie enkel-ouer opbrengs, asook sekere waarhede wat van Dap weerhou is om hom van onnodige seer te beskerm, veroorsaak dat Dap die verkeerde beeld van sy pa het, en hom daarvoor verwyt. As gevolg van ‘n rebelse neiging, wat met die invloed van drank bydra dat Dap besig is om sy lewe te vernietig, blyk daar geen kans op versoening tussen Dawid Smit, Dap se pa, en sy seun nie. Die storie boei juis vroeg in die film, juis dat die Dawid se grootste begeerte.

As gevolg van ‘n gebed waar Dawid die Here vra om te help, en op ‘n manier Dap se hart te verander, begin Dap ‘n reeks drome droom wat hom saam met sy pa in die middel van die grensoorlog van 1983 plaas. In hierdie realistiese en werklike droomwêreld, begin Dap se hart draai, deur te sien hoe verkeerd hy al die jare was in sy denkwyses, wat sy verhouding met sy pa verwoes het. Deur die waarheid te omhels, en homself toe te laat om genees te word van die bitter en rou verwyte teenoor sy pa, vorm die storie van vergifnis en versoening.

Erica Wessels by die Priemiere van My Father's War

Erica Wessels by die Priemiere van My Father’s War

Die vertel van die storie was van uitstaande gehalte, en krediet moet gaan aan Craig Gardiner wie vir die skryf en regie van My Father’s War verantwoordelik was. Die gebruik van verskillende stories binne-die hoof storie, word effektief, en met ‘n grypslag vervolmaak. Die vervaardigers verduidelik self dat die oorlogstonele eerder mikrokosms van ware gebeure is wat met fiksie versoen word om karakters te onthul, of om die storielyn aan te vul.

Behalwe die hoë-klas vervaardiging van die oorlogstonele, was daar ook vir Gardner die taak om die emosionele en grypende deel van die film te vertolk. Die stilte in die teater, daardie oomblik wat jy wag vir die akteurs om iets te sê wanneer jy net ander kykers se asemhaling hoor, getuig vansigself van die sukses in hierdie area. Hierdie film sal jou laat peins oor jou eie situasies, en op ‘n manier jou self daartoe dryf om verhoudinge in jou eie lewe te versoen.

Ek dink net dat die spelers en akteurs in My Father’s War, die mees uitstekende keuse was om hierdie storie oor te dra. Die ondersteunende spelers was briljant in elke uiteenlopende karakter wat bygedra het tot die verhaal. Edwin van der Walt, wat ‘n puik vertoning lewer, wissel tussen die rebelse aksies van ‘n tiener, en ‘n seun wie se hart aan die werk is om emosioneel tot die spel te kom.  Beter as dit sal ‘n mens selde kry, en as jong akteur, is daar nog baie in stoor vir hom.

Edwin van der Walt en Stian Bam met hul aankoms by die Premiere van My Father's War

Edwin van der Walt en Stian Bam

Stian Bam en Erica Wessels speel Dap se pa en ma, en dien as uitstekende ondersteunende spel vir van der Walt se karakter. Dit sluit in tonele van erge agressie, tot die traan-trekkende tonele waar die emosionele aspek selfs die musiek stil laat klink.

Ander spelers in hierdie uitstekende film sluit in Fumani Shilubana, Nastassja Jooste, Jai’ Prakash Sewram, Johan Baird, Neels Clasen, Kew Khauoe, Richard Lukunku, Duane Behrens, Alan Glauber, Nat Ramabulana, David Dukas, Francois Jacobs, David Rees, Eddie de Jager, Damon Berry, Meren Reddy, Vian Singleton and Nobuhle Mahlasela.

Deur die feit dat hierdie rolprent my nie ‘n oomblik toegelaat het om my gedagtes te laat dwaal nie, en die grypende verhaal my soos ‘n vakuum in getrek het vir die tydsduur van die hele film, stel ek voor jy beleef hierdie baanbreker Suid Afrikaans film vir jouself.

Dit begin rol 5 Augustus in fliek teaters landswyd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top