We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Michael Blignaut: Hemelwater

Michael Blignaut: Hemelwater

Jong Man se Seëninge Reën soos Water vanuit die Hemel!

Michael Blignaut se tweede enkelsnit, Hemelwater, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie inspirerende lied. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.

Die musiekvideo is in Johannesburg geskiet en begin in ‘n atteljee met fotorame sonder fotos om die leegheid wat hy ervaar, te beskryf. In die tweede helfde van die musiekvideo verskyn die aktrise Mila Guy, wat die persoon na wie hy so lank al soek, verteenwoordig. Hierdie gedeelte is in ‘n park verfilm en Jacques “Jay” Loots van Fathom Media het die video geskiet en behartig.

Die kyker kan nou visueel die video gebruik as voorbeeld wat hy of sy al ervaar het in ‘n soortgelyke situasie. Dit skep moed en gee hoop vir ‘n wonderlike einde.

Hemelwater is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top