We are Proudly South African
Home / Music / Liani Reynolds se Mossie kry ‘n musiekvideo

Liani Reynolds se Mossie kry ‘n musiekvideo

Liani Reynolds het sedert die vrystelling van haar debuut-album, Ligsoom, in 2019 sommer baie diep in musiekliefhebbers se harte kom kruip. Nie net omdat die stories wat sy met haar musiek vertel so kosbaar is nie, maar ook omdat haar stem en styl luisteraars boei totdat die laaste noot wegsterf.

Mossie, die eerste enkelsnit wat sy met die publiek gedeel het, is baie goed ontvang en is ook een van dié veelsydige kunstenaar se persoonlike gunstelinge. Die liedjie, uit haar eie pen, spog met ’n meesleurende wysie wat strelend is op die oor en hoendervleismooi lirieke wat reguit met die siel praat.

Nou kry dié pragtige kontemporêre snit ook lewe op die skerm, in die vorm van ’n aangrypende musiekvideo wat by Leeukop in die Kaap verfilm is. Nico en Almero Welgemoed was die kreatiewe breine agter die kamera en het die mooiste natuurtonele vir dié projek vasgevang.

Mossie is beskikbaar op haar album, Ligsoom, wat agt van haar eie oorspronklike Afrikaanse werke, ’n duet saam met Joshua na die Reën (Vlieërs), asook skeppings deur Amanda Strydom (Pelgrimsgebed) en Bittereinder se Jaco van der Merwe (Gewoond) bevat.

About Stage and Screen Partner

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

Scroll To Top