Home / Archives / Other Archives / Vier Lentedag saam met Kaleidoskoop

Vier Lentedag saam met Kaleidoskoop

Seisoene

Die talentvolle akoestiese musiekgroep, Kaleidoskoop, het vroeer vanjaar hulle splinternuwe album, Gunsteling Seisoen, bekendgestel. Die duo-groep bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan.

Op Vrydag, 1 September 2017, vier Kaleidoskoop die koms van een van hul gunsteling seisoene met ‘n volle 12-stuk band, by Die Lewende Woord Ouditorium (Brummeria, Pretoria) om 19h00 (deure open 18h30).

Trek gerus jou gunsteling “Spring Vintage” uitrusting aan en kom geniet ‘n aand vol pret met ‘n fotohokkie, asook heerlike lekkernye van melkskommels, worsbroodjies, koffie, roomys en wafels wat te koop sal wees.

Kaartjies is R100pp en is beskikbaar by www.kaleidomusiek.co.za

Comments are closed.

Scroll To Top