We are Proudly South African
Home / Music / Len Muller Stel Musiekvideo vir Heildronk Bekend

Len Muller Stel Musiekvideo vir Heildronk Bekend

Die talentvolle Len Muller het pas die musiekvideo vir sy nuutste enkelsnit, Heildronk, vrygestel.

Volgens Len, was sy skoonfamilie se tradisie om jaarliks ’n groot kuiergeleentheid van die Curriebekerfinaal te maak, die inspirasie agter sy nuutste vrystelling.

“Die hele familie daag op vir hierdie rugbynaweek en dit is iets besonders vir my. Alhoewel dit aanvanklik ’n kultuurskok was, is dit nou iets waarna ek uitsien en Heildronk is gebore uit die feit dat ek die waarde van gemeenskap en samesyn eerstehands kon sien en ervaar.”

Len se vrou – Chanél – is ook te sien in hierdie pragtige musiekvideo. Chanél en Nico Welgemoed was ook die kreatiewe breine agter die beeldmateriaal, wat rondom die Kaapse Skiereiland en Valsbaai verfilm is.

Hierdie opgewekte nommertjievolg in die voetspore van Oorgenoeg, die kunstenaar se vorigeenkelsnit en video waarin hy sy frustrasie oor die armoede in die land uitspreek. Dit is deur Theo Crous van Bellville Studios.

Beide snitte vorm deel van sy opkomende album wat op die oomblik in die afrondingsfase is en later hierdie jaar vrygestel word.

Heildronk is op alle digitale platforms hier beskikbaar: https://ditto.fm/heildronk

About Stage and Screen Partner

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

Scroll To Top