We are Proudly South African
Home / Small Screen / kykNET het Nuwe Tydsgleuwe in Julie

kykNET het Nuwe Tydsgleuwe in Julie

Kyk net hier hoe verander jou Afrikaanse Kyk Skedules.

kykNET is opgewonde om aan te kondig dat die gewilde sepie, Getroud met Rugby, in Julie ‘n splinternuwe tydsgleuf kry. Aanhangers van dié sepie kan vanaf Maandag 1 Julie om 18:00 inskakel om uit te vind wat in die lewens van Die Stryders en hul familie en vriende gebeur.

Dit is nie al goeie nuus nie. Twee van kykNET se aktuele programme kry ook vanaf Julie ‘n nuwe uitsaaityd. Prontuit saai vanaf 8 Julie om 21:00 uit en KN Verslag in Gesprek skuif vanaf 3 Julie na 21:00.

Beide dié programme is reeds sedert 2015 gewild by kykers. Prontuit, wat vroeër vanjaar ‘n ATKV-Mediaveertjie in die kategorie, Beste nuus- of aktualiteitsprogram gewen het, ondersoek stories deur gesprek, ná dit nuus was. Aanbieder Kabous Meiring, wat vroeër vanjaar met ‘n ATKV-Mediaveertjie in die kategorie, Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram, bekroon is, verwelkom elke week kenners, leiers en opiniemakers op die program om gewigtige kwessies te bespreek.

KN Verslag in Gesprek bied weekliks ’n oorsig van nuusgebeure en aktuele politieke kwessies. Aanbieder Waldimar Pelser, wat in 2018 met ‘n ATKV-Mediaveertjie in die kategorie, Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram, weggestap het, skroom nie om kontroversiële kwessies met sy gaste te bespreek nie.

Kykers kan ook uitsien na ‘n paar splinternuwe reekse, sowel as nuwe seisoene van gewilde reekse op kykNET in Julie.

Die nuwe reekse wat begin in Julie, is ook vol-op. Kliek oop die kykNET logo hieronder, om meer te lees oor alles wat Julie, soos 2019 se tweede helfte aanbreek, op Suid Afrika se voorste Afrikaanse televisie kanale te sien sal wees.

Soos een van ons voorste komediante in sy unieke aksent sou sê: “Julie moet dit nie mis nie…”

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top