We are Proudly South African
Home / SA Music Festivals / Groot op die Gras

Groot op die Gras

Afrikaanse Musiek en Leefstylfees gee Woema aan Moedersdagnaweek!

GROOTfm 90.5 bied met trots Groot Op Die Gras aan: ‘n Splinternuwe Afrikaanse musiek- en leefstylfees op Saterdag 11 Mei by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin.

Kom spandeer jou Moedersdag-naweek in die natuurskoon van die Tuine, terwyl jy top-musikante Die Heuwels Fantasties, Bobby van Jaarsveld, Valiant Swart, Refentse, Howie Combrink, Saarkie, Charlie Finch en Van Wyk Brand beleef.

Die fees beloof om ‘n dag propvol pret vir die hele gesin te bied. Kom sit terug, haal ‘n bietjie asem in die natuur en geniet ‘n dag met kunstenaars uit die boonste rakke. Daar is ‘n biertuin en kosstalletjies, asook ‘n area waar die kinders hulself gate uit kan geniet.

Kom vier die vroue in jou lewe en trakteer hulle met ‘n heerlike wegbreek-dag by Groot Op Die Gras!

Groot op die Gras

Saterdag 11 Mei 2019

Pretoria Nasionale Bataniese Tuin

Die hekke maak alreeds vanaf 10vm oop.

Besprekings: www.lovemusic.co.za

Kaartjiepryse

Kinders

Fase 1: Kinders tussen 11 en 17 jaar – R60

Fase: 2 – Kinders tussen 11 en 17 jaar – R80

Fase: 3 – Kinders tussen 11 en 17 – R100

Vir kinders onder 11 is daar slegs ‘n R5-besprekingsfooi

Volwassenes

Fase 1 – R80

Fase 2 – R125

Fase 3 – R150

Fase 4 – R200

Finale fase – R250

BBP-toegang – slegs vir volwassenes

Fase1 – R250

Fase 2 – R300

Fase 3 – R350

Finale fase – R400

Tafelbesprekings – R2000 – slegs vir volwassenes
Dit sluit in:

BBP-toegang vir vier gaste; voorkeur-toelating; een standaard bottel mét mengseldrankies;en ‘n privaat tafel-area.

 LW: Alle aanlyn-besprekings sluit besprekingsfooie uit.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top