We are Proudly South African
Home / SA Music / Female Artists / Flooze: Die Bliengmasjien

Flooze: Die Bliengmasjien

Bada-blieng-blieng-blieng

Sy is pas weer terug van Witbank en hier met ‘n nuwe masjien, ‘n Bliengmasjien…

Wat kry jy as jy n spul spanners meng met silwer sequence? Dis hoe Flooze haar nuwe album, Bliengmasjien beskryf Bliengmasjien.

Blieng-bada-blieng. Bada-blieng-blieng-blieng. Al wat jy sien, is die Bliengmasjien. “Ek scheme tien uit tien, laat ek jou vertel: Tinkerbell word Blinkerbell…” voeg sy by en knipoog vir die kameraman in die agtergrond.

Sy is Flooze, die goose wat die Tennis tune kan doen op die ritme van Boris Becker se topspin-tennisballe. Sy is die rowwe blond wat jou happy chappy groet met ‘n opgetofde Hoezit my Tjomma-mix. Sy is die meisie wat danse het wat lyk soos iets uit‘n Ninja uit, ‘n Kung-Fu Pandafliek. Sy bring die Bliengmasjien wat met haar nuwe treffersgaan sparkle-sparkle soos ‘n diamant reg uit Kimberley se gat.

Haar spiksplinternuwe skitter-album, die Bliengmasjien, is hier met klanke wat in jou ore gaan herhaal en jou luidsprekers kliphard laat gons. Sy meen jy gaan dans en skud soos’n Loskopdam-likewaan tot die goud in jou tande loskom en jy méér sal blieng-blieng as n botteltjie blinkertjies in die China mall.

Met dié nuwe album is Flooze reg om enige partytjie aan die gang te kry en ‘n stywe atmosfeer vinnig te verander na iets wat gemaklik en grapperig is. Sy verruil haar rooi leerbaadjie vir n skitter-nommertjie wat só skyn da ttot die son n sonbril moet opsit…

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top