Home / Archives / News Archives / Fiëstas, 2018

Fiëstas, 2018

Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings 2018 is uiteindelik bekend. 

Die Fiëstas, die enigste toekenning van sy soort in die land, vereer sedert 2011 rolspelers vir hul uitsonderlike bydraes tot die land se grootste kunstefeeste. Baie geluk aan al die benoemdes! Hierdie jaar se seremonie, word weereens regstreeks op kykNet, kanaal 144, uitgesaai.

Kaartjieverkope vir die publiek open Maandag 4 Desember – hou die kykNET-webblad dop vir meer.

Hier is die benoemings:

BESTE AKTEUR:
Albert Pretorius – Wild
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap
Paul du Toit – Melk & Vleis
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

 

BESTE AKTRISE:
Anna-Mart van der Merwe – Liewer
Antoinette Kellermann – Asem
Illse Roos – Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots – Wild

 

BESTE MANLIKE BYSPELER:
David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt – Asem
Kopano Maroga – Buite Land
Wilhelm van der Walt – Liewer

 

BESTE VROULIKE BYSPELER:
Crystal-Donna Roberts – Altaar
Elize Cawood – Buite Land
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (nee Dingaan) 
Tarryn Wyngaard – Liewer

 

BESTE REGIE:
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – Buite Land

 

BESTE TEATERONTWERP:
Jaco Bouwer – Liewer; Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere; Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land; Stel
Philip Rademeyer – Weerkaats; Stel en beligting

 

BESTE SPEL IN N SOLO-VERTONING:
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse – Strooijonker 
Gideon Lombard – Die Reuk van Appels
Milan Murray – Weerkaats

 

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

 

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis)
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

 

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) Stemme vir Môre
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life

 

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime…
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
Innibos Jacaranda FM Konsert
Rymklets van Oos tot Wes
Ballades
Judith Sephuma

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Zolani Mahola – Rok en Rol
Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Die Riel van Hip-hop
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

 

BESTE AANBIEDING: 
Melk & Vleis 
Buite Land
Die reuk van Appels
Liewer

 

BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Mike & Mavis
Liewer
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie
Nêrens, Noord-Kaap

 

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Die Reuk van Appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die Koninkryk van die Diere, vertaling deur Marthinus Basson
Die Fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers
Buite Land, Oorspronklike teks: Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta

 

’n Onafhanklike paneel was teenwoordig by Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees om al die produksies te kyk en te beoordeel.

Comments are closed.

Scroll To Top