We are Proudly South African
Home / SA Music / South African Duo's / Dirk van der Westhuizen en Bobby van Jaarsveld: Dis wat ons wil Hê

Dirk van der Westhuizen en Bobby van Jaarsveld: Dis wat ons wil Hê

Kom ons kuier tot die aand gaan lê…

Eers Dirk en die Flooze en nou snoer Dirk en Bobby van Jaarsveld kragte vir ’n folkdanstreffer met ’n country-ondertoon uit Dirk se eie pen.

Dis Wat Ons Wil Hê gaan oor vriende en om lekker tye saam met jou hulle te hê. Dit gaan oor om die beste te maak van die lewe saam met jou pêlle en te lewe vir elke liewe oomblik.

Volgens dié sanger, wie se nuwe album in Mei vanjaar vrygestel word, probeer hulle die boodskap dat mense nie kompeterend moet wees met mekaar nie, maar dat almal vir mekaar ’n plek in die son moet gun en dat ons moet saam staan, want as mens saam staan kan jy soveel meer vermag, oordra.

Dis Wat Ons Wil Hê, saam met Bobby van Jaarsveld, is een van die duette op Dirk se nuwe album en volg kort op die hakke van die vorige duet Sout & Peper – ’n nuwe enkelsnit saam met Die Flooze – wat se musiekvideo reeds deur meer as 150 000 mense op YouTube gekyk is in slegs 2 weke. Beide dié enkelsnitte gaan oor vriende en vriendskap.

Die musiekvideo vir die enkelsnit is verfilm en vervaardig deur Christian Wolf van Brick Wolf Productions en speel af in Pretoria by The Shack in Kameeldrift-Oos. Dirk wil nie te veel oor die musiekvideo uit die mou laat nie, maar verklap wel dat dit ’n lekker saamsing en dans video is.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top