Home / Archives / Music Archives / Deon Meiring

Deon Meiring

Deon Meiring stel tweede enkelsnit bekend! 

Deon Meiring, die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van die groep GLASKAS is al sedert 2006 besig om die land vol te reis om orals te vermaak. Hy is reeds goed gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en met vier suksesvolle GLASKAS albums op die rakke en sy betrokkenheid by die popgroep DANS DANS LISA (wat hy saam met Bouwer Bosch in 2009 gestig het, het die tyd aangebreek om nuwe horisonne te verken…

Deon het in 2013 ’n projek genaamd Die Slaapkamer Sessies aangepak waar hy vir tien weke lank elke week ’n liedjie geskryf en opgeneem het op video in ’n nuwe slaapkamer. Die videos is dan op YouTube gedeel met die publiek. Die projek was so suksesvol dat dit nou ook in die vorm van ‘n EP beskikbaar is.

Vir sy debuut EP is vyf van hierdie liedjies gekies en in ’n ateljee vervaardig. Die slaapkamers is ’n simbool van die intieme aspek van die musiek en hoe Deon as liedjieskrywer sy binnekamer met ander deel. Die Slaapkamer Sessies is veral met eenvoud in gedagte geskryf en lirieke in die voorgrond. Die liedjies behandel temas soos geloof, liefde en menswees.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie EP, getiteld Voetganger is gedurende Oktober 2014 aan radiostasies landswyd utigereik en die terugvoer was oorweldigend.  Die tweede enkelsnit vanaf hierdie EP, getiteld, Vingerafdrukke, is gedurende Julie 2015 aan radiostasies uitgereik en weereens is die terugvoer ongelooflik goed.

Deon Meiring – Die Slaapkamer Sessies is uitgereik deur Kanada Records.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top