Home / Music / Danny Smoke Stel Supervideo Vry

Danny Smoke Stel Supervideo Vry

Die sensasionele Danny Smoke se SuperVideo is pas vrygestel. Die video is ‘n trilogie, wat bestaan uit drie van sy liedjies en reeds bestaande videos van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, T-Shirt en Gaan Ons Inlê, gekombineer.

Ons het in ‘n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Van den heede ontmoet by ‘n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêrestyl, een kamera, dit was nooit vals of aangeplak nie, kom ons gaan op vakansie en kyk hoe dit uit draai – vertel Danny

Dié Aitsa-bekroondemusikant wat duisende vroue se knieë lam maak by optredes vertel dat die video vervaardig is deur Jannes Erasmus en Dan Rademeyer van Inhoud Huis, by wie Danny ook as kunstenaar geteken is.

Kyk die #SuperVideo hier: https://www.youtube.com/playlist?list=PLGPtO53HtOJ-YGyx-034UUaFEa5SUjRq8

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top