We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Bouwer Bosch: Skatkis

Bouwer Bosch: Skatkis

Diep in die Skatkis le die Nuwe Bosch Klank.

Bouwer Bosch se klank en aanslag is onmiskenbaar eiesoortig en hy is ’n kunstenaar wat met niemand anders verwar kan word nie.  Hy is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy het van dag een af diep spore in die harte van sy aanhangers kom trap met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke en humorsin.

Vandag is hy ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met verskeie albums, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy is ook TV-aanbieder en regisseur, en sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, gaan van krag tot krag.

Hierdie talentvolle man sit nie stil nie en het gedurende die week van 30 April 2018, sy splinternuwe enkelsnit, Skatkis, bekend gestel.  Sodra die musiekvideo van Skatkis vrygestel word, sal ons dit met julle deel, maar tot dan, kliek op die skakel hierbo, om ‘n voorsmakie van hierdie snit te hoor, en hom te koop as jy die skat in dit raak sien.

Skatkis gaan oor wanneer jy tot die besef kom dat almal eintlik maar net ’n verlore wrak is wat sink met ‘n skatkis.  Soms probeer jy die lewe te veel beheer, soms laat jy toe dat mense jou beheer.

Volgens Bouwer is die moeilikste ding van verhoudings, hetsy romanties of vriendskaplik, nie om lief te hê nie, maar om ander toe te laat om jou lief te hê.  Hy sê dat die oomblik as jy besef dat almal ook maar wrakke is met ’n skatkis binne hulle, sal jy anders na hulle kyk, en besef dat almal op hulle eie reis is, m

#

Comments are closed.

Scroll To Top