We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Arno Jordaan: Derde Wêreldoorlog

Arno Jordaan: Derde Wêreldoorlog

Daar is Engele wat waak oor jou, selfs tydens ‘n Wêreldoorlog.

Met meer as een miljoen trefslae op YouTube, nommer een treffers op verskeie radiostasies, goue- en platinum-albums, Ghoema-benoemings en verskynings op Huisgenoot Skouspel en Afrikaans is Groot, is Arno Jordaan geen vreemdeling nie.

Dié sanger, wat reeds veertien jaar bedrywig is in die musiekwêreld, se splinternuwe enkelsnit, Derde Wêreldoorlog is pas vrygestel.

Derde Wêreldoorlog, uit die pen van die bekroonde en talentvolle liedjieskrywer, Johan Oberholzer, handel oor ’n man en vrou wat baklei, maar nie sonder mekaar kan klaar kom nie. Hulle sal dan oorlog maak vir mekaar.

Arno vertel dat die liedjie ’n regte Arno-tipe liedjie is want hy glo dat mense gaan dit baie gaam geniet. Dis in die styl waaraan meeste van sy aanhangers gewoond is en hulle sal lekker hierop kan dans. Arno wil hê sy musiek moet ’n boodskap van blydskap oordra, off dit nou ’n glimlag of ’n traan is… dit moet die van blydskap wees.

’n Musiekvideo vir die nuwe enkelsnit is ook in die pyplyn, maar Arno wil nie te veel verklap nie.

Wanneer hy egter nie agter die mikrofoon is nie, speel hy graag gholf en sê dat hy ’n positiewe mense is. Vra jy hom uit oor wat die musiekbedryf hom geleer het, antwoord hy vinnig dat ‘n mens nooit moet vergeet waar jy vandaan kom nie.

Verder bieg hy dat die grootste uitdaging vir hom die onregverdigheid in die bedryf is. Hy meen dat dit ‘n verskriklike onregverdige bedryf is, want dit maak nie saak hoe hard jy werk of weet wat jy bereid is om te gee van jouself nie, jy is altyd afhanklik van mense, hulle opinies en voorkeure, en ongelukkig kan almal nie van jou hou nie.

Arno is tans druk besig om aan sy nuwe album te skaaf en skuur, wat op sy verjaardag vrygestel gaan word. Hy werk ook aan die Boobaloo Expo wat vir ’n tweede keer aangebied gaan word op 1,2 en 3 Maart, in die Sun Arena van Pretoria. Maar vir nou, verklaar hy ’n derde wêreldoorlog…

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top