We are Proudly South African

Agent 2000

‘n Film vir Tieners, deur Tieners

Agent 2000, oftewel Walter du Toit, het nie baie tyd oor om sy missie te voltooi nie… Hy moet gou speel as hy Hoërskool Randburg se berugte boelie, Die Laksman, voor die einde van die ontgroeningstydperk wil vang. As Walter daarin slaag om die gemaskerde vabond vas te trek, kan hy sy vermomming in die kas bêre, vaarwel roep aan die publieke skool en sy lewe as 14-jarige, tuisonderrigte speurder voortsit.

Indien hy egter nie daarin slaag om sy missie suksesvol af te handel nie, word die skoolhoof afgedank, is Walter se reputasie as geheime agent daarmee heen, verloor hy sy nuwe beste vriend en is hy die meisie van sy drome kwyt.

‘n Taak wat aanvanklik na kinderspeletjies gelyk het, ontaard gou in Walter se grootste nagmerrie. Sal hy Die Laksman betyds kan vang of sal Agent 2000 uiteindelik Die Laksman se grootste teiken in die geskiedenis van Hoërskool Randburg word?

Agent 2000 begin op 28 Maart 2014 in Teaters landswyd te draai.

#

About LouwM823

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top