We are Proudly South African
Home / SA Music / South African Bands / Adam: Iets in die Water

Adam: Iets in die Water

SA se Top Boy Band bring roering in die Water.

Lees ons gedagtes op Adam se hele album

Uit die pen van Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Nerine Gardiner, stel ADAM hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, bekend.

Ek het die inspirasie gekry toe Demi-Leigh Nel-Peters die titel van Mej Heelal ingepalm het in 2017. Ek het gedink Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is”, verduidelik Hugo.

Hugo en Reynardt het die melodie geskryf en toe die hulp van Gardiner ingeroep om hulle gedagte proses korrek te verwerk en die lirieke vas te pen, sodat die aanslag van die liedjie korrek kon oorkom.  Iets in die Water was van die begin af een van ons gunsteling liedjies op die album. Die mense dans en sing uit volle bors saam. Dit is ‘n trots Suid-Afrikaanse liedjie, voeg Reynardt by.

Die liedjie is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

 

Scroll To Top