We are Proudly South African

Wonderlus

Doen wat jy Moet

Die vrystellingsdatum van die bekroonde rolprent, Wonderlus is amptelik bekend gemaak. Dié speelfilm het drie kykNET Silwerskermfees-toekennings opgeraap; Beste teks deur Johan Cronje, Beste byspeler, Beer Adriaanse en Beste aktrise, Lea Vivier. Afrikaanse fliekliefhebbers kan hierdie flim vanaf 27 April 2018 gaan sien. Wonderlus het Silwerskermfeesgangers vanjaar gaande gehad oor die vars blik wat dit op van die grootste ou vrae gee: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy moet en wat jy wil?

Wonderlus speel af by ‘n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om die groep vriende wat die volgende oggend al die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: ‘n Bruidegom moet die liefde van sy lewe agternasit; die bruid moet probeer om haar hede te ontsnap en ‘n kelnerin moet haar losknoop van haarself.

Die film kom uit die pen van Johan Cronje, Strikfontein en Phil101, en word vervaardig deur Nouvaaand Films, Hotel 1 & 2, Sterlopers, Buurtwag en Hartstog.

Wonderlus sien bekwame duo Edwin van der Walt en Stiaan Smith, saam met Mila Guy en Simoné Nortmann. Hulle word ondersteun deur Beer Adriaanse, Adam Heyns, Lynelle Kenned, Lea Vivier en Marvin-Lee Beukes.

Eksklusiewe voorskou:

Daar is twee eksklusiewe voorskoue van Wonderlus tydens die US Woordfees wat van 2 – 11 Maart 2018 in Stellenbosch plaasvind. Kaartjies vir die publiek is beskikbaar by Computicket. Enige media wat hierdie vertonings wil bywoon kan ‘n e-pos stuur aan Suzaan.Keyter@mnet.co.za.

Praat saam met #Wonderlus #DoenWatJyMoet

#

Comments are closed.

Scroll To Top