We are Proudly South African
Home / SA Music / Female Artists / Samantha Leonard: ‘n Duisend Keuses

Samantha Leonard: ‘n Duisend Keuses

Finalis van The Voice het nuwe video!

Samantha Leonard se eerste Afrikaanse enkelsnit, ‘n Duisend Keuses, is gedurende September 2018 vrygestel en is reeds besig om die trefferparades van radiostasies landswyd te klim!  Die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie is op 22 Oktober bekend gestel.

Die video is in ‘n moderne eksklusiewe huis in Ebotse Country & Golf Estate in Benoni verfilm en deur die bekende span van Fathom Media vervaardig.   Samantha het self die konsep uitgewerk.  Sy noem dat dit was vir haar belangrik was om die enkelsnit, wat die fondasie is van die album, van die begin af eerlik te hou wanneer dit kom by die skryf van die liedjie, asook die visuele kant van die musiekvideo daarvoor.  Sy wou seker maak dat dit kom uit ‘n ware plek en haar storie vertel deur haar eie oë as kunstenaar, van waar sy op hierdie punt van haar lewe en loopbaan staan.

Die konsep van die video is om die stryd van ‘n kunstenaar in die moderne sosiale media – klimaat te wys waar soveel aandag op beeld en opinies geplaas word.  Haar verskyning in die video, terwyl sy besig is om voor te berei vir ‘n fotosessie in ‘n opwindende eksklusiewe huis, fokus op die uitdaging om ‘n publieke persoon te wees, asook ‘n private persoon.

Deur hierdie storie wil sy ander inspireer wat dalk dieselfde pad stap of moedeloos voel om nooit op te gee, ten spyte van al die struikelblokke en opinies wat na ‘n mens kant toe gegooi word en om te onthou dat jy nie op ander om jou kan staatmaak om jou drome waar te maak nie. Sy vertel verder dis iets wat net JY vir jouself kan doen en om altyd getrou aan jouself te wees en jou waardes waarop jy staan, en in glo.

n Duisend Keuses is die titelsnit van haar debuut-album wat vroeg in 2019 uitgereik sal word.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top