We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Rocco de Villiers: Kortbroek, Langkouse

Rocco de Villiers: Kortbroek, Langkouse

Rocco de Villiers stel Kort Broek Album bekend!

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer spog met ’n Afrikaanse titel nie, maar ook beloof om luisteraars se voete na die dansvloer te lok.

Kortbroek, langkouse is die musikant se veertiende instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het. Die nuwe vrystelling spog met tien splinternuwe oorspronklike werke, uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers vanaf vorige albums, wat Kla 2 Kla 3 Kla 4Anna AeroplaneRoccobilly en Escape from the Ordinary Life insluit. Die titelsnit van die album kan ook reeds op radiostasies landswyd gehoor word en ‘n musiekvideo word eersdaags bekendgestel!

Met titels soos Goeie GevoelVanaand Kan Ek DansReën Kan Jy Nie Koop Nie en Nooit Te Laat (om lief te hê), is dit duidelik dat dié nuwe album jou op ’n opwindende lewensreis gaan neem, wat musiekliefhebbers gaan laat vrolik voel, maar ook soms diep sal laat dink.

Oor die jare, is hierdie talentvolle musikant se werk bekroon met verskeie pryse, waaronder SAMA-, Huisgenoot Tempo-, Ghoema-, Vonk- en Cape Theatre-toekennings, en sy geestelike album, Beautiful Beautiful Hymns, wat in 2015 uitgereik is, het ook goue verkoopstatus bereik.

Buiten vir verskeie verhoogproduksies, kan Rocco ook met twee Mengeldrankie-boeke, ’n lewendige DVD-opname en ’n boek met klavierbladmusiek spog. Hy was ook betrokke by die klankbaan van die Amerikaanse fliek, Brewsie & Willie, het temamusiek geskryf vir nege televisiereekse, is die vervaardiger van twee televisiereekse en dokumentêre programme vir M-Net oor die geskiedenis van musiek en het sy lyf ook aanbieder gehou vir drie kykNET-programme, Kook en Klavier, Rocco en Klop die Klawers. Vanaf 28 Junie, is hy ook te sien op SABC 2 as gasaanbieder van die tweede reeks van die speletjiesprogram, Beter Assie Bure.

Kortbroek, langkouse word op 13 Julie 2018 vrygestel en bewys net weereens hoekom hierdie sjarmante en talentvolle man van dag een af musiekharte kom verower het. Die moderne, emosiebelaaide manier waarop hy elke snit benader, is besonders en sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

 

SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Goeie Gevoel
  2. Kortbroek, Langkouse
  3. Wat om te dra agter op ’n bakkie
  4. Klein dorpie, GROOT drome
  5. Vanaand kan ek dans
  6. Escape from the Ordinary Life
  7. Reën kan jy nie koop nie
  8. Tango for 2 Saints
  9. Nooit te laat (om lief te hê)
  10. Blom
  11. Wees net Jouself

Bonussnitte:

  1. Kla-2 Kla-3 Kla-4
  2. Anna Aeroplane
  3. Roccobilly

Koop die album hier:  https://roccodevilliers.lnk.to/KortbroekLangkouse

#

About Louw Mulder

Editor At Stage and Screen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top