We are Proudly South African
Home / All Highlights / Raaiselkind

Raaiselkind

Vrae is daar baie… Antwoorde min

’n Negejarige outistiese seun word dood aangetref. Sy ma, Ingrid, wat hom sy lewe lank versorg het en baie lief vir hom was, word van moord verdink.

HIerdie storie van Annelie Botes word eersdaags in fliekteaters landwyd op die silwerdoek vrygestel, vervaardig deur Sally Campher, met Andre Velts as die Regisseur. Die film sien stêrre soos Diaan Lawrenson, June van Merch, Deon Lotz, Anrich Herbst, Edrien Erasmus en Ian Roelofs.

Nadat hulle vir vier jaar lank hulle seun Alexander van die een dokter na die ander geneem het om te probeer vasstel wat hom makeer, diagnoseer ’n spesialis hom uiteindelik as outisties. Die verligting om ’n naam te gee aan die rede waarom hulle seun so anders en moeilik is, maak egter gou plek vir wanhoop as hulle besef dat bittermin gedoen kan word om sy toestand te verbeter.

Raaiselkind verken die nimmereindigende las wat outisme op ’n gemiddelde, liefdevolle gesin plaas en wys hoe die gesin as gevolg daarvan begin verbrokkel. Dit bring die onvermydelike waarheid tuis dat die samelewing op ’n onmenslike manier onverskillig staan teenoor enigiets wat hulle as abnormaal beskou.

Raaiselkind is ’n sensasionele storie wat die loodswaar kruis wat outisme op ’n gesin plaas, ondersoek. In hierdie onrusbarende storie word die tragedie van outisme en sy vernietigende gevolge op ’n gesin aan die kaak gestel. Die verhaal word op ’n pynlik eerlike manier vertel en bring die onvermydelike waarheid tuis: die samelewing staan op ’n wrede manier onverskillig teenoor enigiets of iemand wat as abnormaal beskou word.

Die primêre temas van Raaiselkind is die gesin, verwerping deur die gemeenskap, vriendskapsbande en outisme. Die rolprent fokus op al hierdie temas wat in noue verwantskap met mekaar staan en na die geboorte van die seuntjie, Alex met Outisme, op die voorgrond tree. Die kyker ontdek saam die gesin die werklikheid van wat outisme regtig is en met behulp van sekere tonele begin ons as toeskouers begrip ontwikkel vir die volle betekenis van die konsepte “familie” en “vriende”.

Velts sê egter dat hy hoop die rolprent ’n emosionele ervaring vir die kykers sal wees en hulle op ’n manier sal opvoed en help om ’n taal te skep wat kan beskryf wat dit beteken om “outisties” te wees.

Die aktrise, Diaan Lawrence, het nou saam met Velts aan hierdie projek gewerk om deur middel van intense fotografiese skote die onderliggende gevoel van intimiteit en bekendheid te skep wat die stryd van ’n gesin wat met outisme gekonfronteer word, uit te beeld.

Velts en die kinematograaf, Amelia Henning, het koppe bymekaar gesit om ’n onderskeid te tref tussen ’n losser estetika wat die hede uitbeeld, in teenstelling met beheerde kamerawerk wat die verlede uitbeeld. Die beperkings van hierdie benadering het baie uitgedagings aan ons gestel en ons gedwing om te fokus op maniere om subtiele veranderings in die kamerabewegings, kamerahoeke en komposisies aan te bring wat die opbou van spanning verhoog, en die gehoor se dieper begrip van outisme weergee.

Die rolprent vra uiteindelik die volgende vrae: Wat sal jy in hierdie situasie doen? Het sy haar eie seun doodgemaak? Was dit ’n ongeluk?

Raaiselkind beloof om gehore op die punte van hulle stoele te laat sit.

Raaiselkind word in teaters vrygestel op 16 February 2018

#

Comments are closed.

Scroll To Top