We are Proudly South African
Home / Reviews / Big Screen Reviews: Afrikaans / Nul is nie Niks nie

Nul is nie Niks nie

Jong Talent in Nuwe Film is nie Niks nie…

deur Louw Mulder.

Jaden van der Merwe Die afgelope paar jaar, is Afrikaanse Suid-Afrikaanse gehore vermaak met jeugflieks. Ons kyk na Agent 2000, Hollywood in my Huis, Jou Romeo, maar dit is eers nou waar ‘n tema van ‘n diep storie, die onverwagte traan van meegevoel en medelye, saamgesnoer word met die jong talent, om ‘n nuwe fase van jeugfilms in Afrikaans, op die doek te bring.

Nul is nie niks Nie, is die nuwe film van Redhead Productions en Faith in Motiion, wat deur Stefan Enslin vervaardig is. Dit handel aanvanklik oor ‘n jong seun wat lei aan Hodgkin se Siekte, met die droom om voor hy die hiernamaals betreë, ‘n zombie film te maak. Maar soos die storie voor jou ontvou, sien jy hoe hierdie droom van ‘n kind, ‘n sentrale rol speel waar menige struikelblokke onder die inwoners van hierdie klein dorpie oorbrug word.

Om vir elke kyker wat vir die eerste keer Nul is nie Niks Nie gaan kyk, wil ek nie die krag, koue rillings en woordelose self-insig weg vat deur te veel van die storie te verklap nie. Die verskillende klein tematjies omvattend in die oorhoofse tema, spreek diep oor enige lewensklappe wat die algemene kind, tiener en volwassene mee mag sukkel. Ons praat van die dood van ‘n ouer, die verwagte dood van ‘n kind, boelies, hartseer, en die oorkoming van verwerping.

Marisa DrummondNul is nie Niks Nie is gewoonlik die tipe rolprent waar jy akteurs moet kry om jou storie te vertel, wat ervaring in diè tipe pyn, en spel het, om die karakters geregtigheid aan te doen. Vir die vervaardigers van hierdie speelfilm, was die rolverdeling seersekerlik die mees uitdagende proses, want die hoofkarakters is laërskoolkinders. Al sal die kritici veel te sê het oor die gebrek van ervaring, spel wat na verwys kan word as amateurspel, was dit die erns, totale oorgawe en opregte toewyding van diè drie jongelinge, wat alle negatiewe aspekte oorskadu, en lewe aan hulle karakters gee. Dit is immers die debuutrolle op die silwerdoek, vir al drie van hulle.

Die trio word gelei deur Jaden van der Merwe. In my opinie is hierdie film nie die laaste wat ons van hierdie jong stêr gaan sien nie. Sy karakter, Hoender, moet deur midde van sy eie seer oor sy pa se dood, leiding vat, en skaar hom in die agtergrond om na sy nuwe vriend, Drikus, se drome om te sien. Drikus, ‘n sterwende seuntjie wat net een droom het, word gespeel deur die selfvertroue Pieter Louw. So jonk soos die mannetjie is, is daar ‘n lus vir akteur wees. Die twee, Van der Merwe en Louw, speel hulle karakters op so ‘n manier, dat dit met ‘n boeiende klinkslag bydra tot die snikkende einde, maar met tog ‘n dankbare glimlag.

Daniah de VilliersDaniah de Villiers voltooi die driespel met haar karakter, Chris. Met haar oog op Hoender, bevind sy haarself as deel van Drikus se zombie film, en ook ‘n kritieke deel van die stories binne die storie wat hulself uitspeel. Sy doen my mee as jong talent wat nog ‘n diamant in die bedryf gaan word.

Die res van die rolverdeling, was vir my ‘n baie deurdunkte besluit.  June van Merch bring daardie kritieke element van humor, om die spanning, hartseer en snikke te vervang met ‘n giggel, om metafories die lig tussen al die omstredighede uit te wys. Ons praat ook van Marisa Drummond, en haar uitmuntende veelsydige talent om Drikus se ma te speel. Drummond se spel dra nietemin effektief by tot die trane in die gehoor se oë.

Verder verskyn Antoinette Louw, Hoender se ma, wat ook vir geen karakter terug staan nie. In die storie, word sy ondersteun, op ‘n rebelse, maar tog liefdevolle benadering, deur haar dogter, Cindy, wat gespeel word deur Reine Swart. Cindy, verwerk haar pa se dood op haar eie manier. Sy gaan uit met die boelie van die dorp, Bruce, wat vertolk word deur Luan Jacobs. Dit was lekker om Jacobs in sy eerste rol as volwasse karakter te sien, en dus vir kykers ‘n voorsmaak te gee van waartoe hy in die toekoms nog in staat is toe.

Luan JacobsOndersteunde spelers sluit in Morne Visser, Kim Syster, Bradley Olivier en Francois Jacobs.

So waar kom die naam, Nul is nie Niks nie, vandaan? In hulle missie om ‘n fliek te maak, word die humor oomblikke tot stilstand gevries deur tonele waar die drie karakters diep raak. Hulle bespreek die dood, en filosofeer oor die waarde van nul. Op die einde, besef die kyker saam met die kinders, dat Nul, is nie niks nie. Nul, is in die middle van als. Dit is presies in die middel van alle positiewes, en negatiewes.

Nul is nie Niks Nie, is gebasseer op die boek deur Jaco Jacobs, Oor ‘n Motorfiets, ‘n Zombiefliek en Lang getalle. Lizè Vosloo, het ‘n uitmuntende taak vervolmaak deur die draaibroek vir film met kinder-akteurs te gee. Die taal was nie te verhewe bo die kinder-karakters nie, maar het steeds die element van ‘kinders dink hulle weet alles’, deur die teks deurwerk.

Hoed af, vir die regisseur Morne du Toit. Dit blyk baie uitdagend om ‘n volwasse rolprent te maak met onervare kinders. In Nul is nie Niks nie, is daar van du Toit verwag om juis dit te doen. Met welgedane sukses, het du Toit die spel van die volwasse spelers, saamgesnoer met die spel van die kinders. Du Toit kan gerus wegstap met ‘n pluimpie in sy hoed, vir hierdie projek.

Nul is nie Niks nie is ‘n film oor hoop, vriende, en die krag van nou, die huidige oomblik. Dit laat jou huil, dit laat jou lag, maar ten einde, bring dit weereens ‘n glimlag, wat dui op die trotse hoop wat daar in ons land se talent is, vir die toekoms van film, in Suid Afrika.

Nul is nie Niks nie, begin 7 Julie in teaters rol.  Kyk hieronder na wat hierdie akteurs met Stage and Screen gedeel het…

 

#

Comments are closed.

Scroll To Top