Home / Archives / Music Archives / Len Muller: Ons Is Een

Len Muller: Ons Is Een

Nuwe Enkelsnit vir Len

Aanhangers van Len Muller het die afgelope week aangedui dat sy liedjie Ons Is Een, vanaf sy tweede studio-album, Oog van die Storm, hulle gunsteling is. Len het geluister en pas dié liedjie as volgende enkelsnit bekendgestel.

Len het tien maande in Amerika spandeer en het gedurende daardie tyd baie na Suid-Afrika verlang. Daar het hy besef dat hy sy land eintlik baie lief het en het hy toe al aan die lied begin skryf.

“Ek glo ons is nie gemaak om in te pas of dieselfde te dink of te lyk nie. Dit is juis wat ons uniek en ‘beautiful’ maak. Daar is soveel diversiteit en verskillende kulture in Suid-Afrika, maar dit hoef ons nie te verdeel nie. Ek is oortuig dat ons in eenheid kan saamleef binne ons diversiteit. Ons Is Een is my gebed vir die land en ek wil mense van verskillende agtergronde en kulture uitnooi om mekaar te probeer verstaan en in vrede saam te leef, want Ons Is Een!”, sê Len.

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer. Hy is beslis besig om ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en Oog van die Storm is ’n getuigskrif hiervan. Alle oë en ore is op hom, terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

Oog van die Storm is beskikbaar op iTunes:  https://itunes.apple.com/za/album/oog-van-die-storm/id1245868081

Comments are closed.

Scroll To Top