We are Proudly South African
Home / Archived / Small Screen Archives / Leef Jou Reis

Leef Jou Reis

Gerrie Pretorious is terug met die 6de Seisoen.

Leef jou Reis met Gerrie Pretorius is jou gunsteling Afrikaanse reisprogram asook kykNET se eerste volwaardige Internasionale leefstyl program met die fokus op ander lande se kultuur.

Gerrie Pretorius verken en wys ons die unieke reisbestemmings wat hom na aan die hart lê en hoe gemaak as jy dit ook wil besoek.

Die program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder ‘n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai paaie vat, veral as dit met die 4×4 iewers in Afrika is.

Vanjaar wag daar weereens ‘n klomp opwinding, van ongelooflike natuur tonele in Ysland tot die woestyne van Jordanië asook ‘n lekker klomp 4×4 bestemmings.

Leef Jou Reis het elke Woensdag ‘n nuwe episode op kykNET om 20:30.

Herhallings word uit gesaai op Donderdae om 11:00, Vrydae om 03:00, en 15:30, Saterdae om 03:00 en 16:00 asook op Sondae oggende, om 07:00.

#

Comments are closed.

Scroll To Top