We are Proudly South African
Home / Theatre / Theatre Johannesburg / In Ons Skoene

In Ons Skoene

Beleef ‘n aand van musiek en stories waarmee ons twee al lank loop…

Elkeen het bagasie, uitgetrapte skoene en ‘n padkaart na hoop…

In Ons Skoene is eksklusief, uniek en slegs vir ‘n beperkte aantal optredes beskikbaar – Bobby & Karlien van Jaarsveld sing hulle treffers, gunsteling liedjies en vertel meer van hulle lewens. Hierdie 90 minute produksie met ‘n 5-stuk orkes, sal jou op ‘n reis in hulle skoene neem…

Beide Bobby en Karlien het al diep spore getrap in die musiek industrie. Albei het al hoofrolle vertolk in musiekblyspele en ook in films. Karlien was die algehele wenner van Strictly Come Dancing en Bobby natuurlik ‘n coach in The Voice SA.

Vir die eerste keer doen hierdié broer en suster ‘n hele produksie saam, op een verhoog, en deel hulle reis. Die produksie beloof om aanhangers op ‘n reis te neem in die skoene van Bobby en Karlien van Jaarsveld en hulle op ‘n ander vlak te leer ken!

En soos in Bobby en Karlien se TV Program waar hul terug gegee het aan liefdadigheid, word elke persoon wat na In ons Skoene kom kyk gevra om ‘n paar skoene saam te bring wat aan Hanna Charity and Empowerment Foundation geskenk gaan word vir verspreiding.

In Ons Skoene

Theatre of Marcellus, Emperor’s Palace

21 Maart 2018

Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf 1 Februarie 2018

‘n Trotse Johan Ungerer Signature Events en Lasting Legacy Entertainment Produksie

#

Comments are closed.

Scroll To Top