We are Proudly South African
Home / Small Screen / Hotel Seisoen 3

Hotel Seisoen 3

Kyk Wie Is Terug…

Hotel, die Afrikaanse mokumentêr, is terug! Die reeks handel oor ’n middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger, en sy kleindorpie-personeel wat spartel om dié substandaard-hotel se deure oop te hou.

Hulle gaan dalk nie in die geskiedenis afgaan as die beste personeelgroep nie. Dalk ook nie as die flukste of hulpvaardigste nie. Maar dié kleindorpie-personeel van Fransenburg het om ander redes in ons harte ingekruip.

Ferdie en kie maak vir ’n derde keer ’n draai in ons sitkamers, en wie beter om reg aan die aweregse karakters te laat geskied as draaiboekskrywers Bennie Fourie, Stiaan Smith, Ryan Metcalfe en Beer Adriaanse.

Die seisoen het ook heelwat onverwagte kinkels. So, verwag die onverwagse – want soos julle nou al goed weet, loop niks volgens plan in die Fransen Hotel nie.

Die hotel word in episode 1 geruk wanneer meneer Van As opdaag om die plek self te bestuur. Hy is onmoontlik om voor te werk en die personeel beraam ‘n plan om van hom ontslae te raak.

Kyk Hotel 3, vanaf Januarie 2019 op kykNET DStv-kanaal 144

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top