We are Proudly South African
Home / Archived / Small Screen Archives / Hollywood, Hier Kom Ek

Hollywood, Hier Kom Ek

Realiteitsreeks vereer SA kunstenaars by Wêreld Kampioenskap.

Riaan Grobler en Wian Smith was onlangs in Los Angeles vir ñ baie spesifieke rede… en het alles op kamera vasgevang. Hollywood, Hier Kom Ek, is ‘n nuwe realiteitsreeks op VIA en volg die reis van span Suid-Afrika en Namibië na die Wêreld Kampioenskap van Uitvoerende Kunste.

Hollywood, Hier Kom Ek begin uitsaai op VIA vanaf 30 Oktober, elke Dinsdag om 17:00. VIA kan gekry word op DStv, kanaal 147, en saai op hoë definisie uit.

Die kyker gaan ‘n eksklusiewe geleentheid kry om te sien hoe span Suid-Afrika en Namibië by die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste vaar. Hul sal die geleentheid kry om te sien hoe al die lande se deelnemers vaar in die kategorieë.

Verder gaan ons die kykers wys hoe Los Angeles lyk, wat The Walk of Fame in Hollywood is, besoeke aan Beverly Hills se Rodeo Drive, Die Beverley Hills Hotel, Universal Studios en Disneyland vorm ook deel van hierdie verkenningsreis.

Daar word natuurlik lekker getoer en verken word met aanloop tot die groot finaal van WCOPA by die Performing Arts Centre auditorium in Long Beach. Alles is natuurlik nie net lekker nie, spanning en senuwees lei soms tot nadeel van die deelnemers se opvoerings… Daar word ook ‘n paar Internasionale kontrakte aangebied, vir deelnemers van SA.

Kyk saam en beleef ‘n wereld van droom in die ergste graad!

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top