We are Proudly South African
Home / SA Music / Male Artists / Francois van Rensburg: Sunja

Francois van Rensburg: Sunja

Radiopersoonlikheid stel nuwe enkelsnit vry…

Francois van Rensburg hou daarvan om met verskillende musiekstyle te eksperimenteer. Musiek is sy stokperdjie – een wat hy baie ernstig opneem. Maar nou stel hierdie radio- en TV-aanbieder, vryskutakteur en sanger ‘n lighartige tong-in-die-kies liedjie vry. Francois het nog nooit vantevore iets in hierdie styl gedoen nie.  Die musiekvideo wat vervaardig is vir Sunja, is deur kykNET aanvaar, en sal een van die dae op DStv se Afrikaanse kanalte te sien wees.

Sunja is ‘n blondine wat hy op Universiteit ontmoet het en hy het dadelik gedink hierdie unieke naam sal definitief sorg vir goeie woordspeling. Die lyn: “Sunja, ek kan nie wag vir ons Vrydae…” het eerste by hom opgekom.

Die lewendige liedjie het op sy debuutalbum verskyn, maar was nooit vir radio voorgelê nie en daarom het hy besluit om dit weer op te neem en opnuut vry te stel.

Luister hier na Francois se Sunja

Sunja is vervaardig deur Wouter van de Venter en die nuwe opname is gedoen deur die top musikant en vervaardiger Andrew Roos. Rogan Kelsey was verantwoordelik vir die finale master. So is daar opnuut lewe geblaas in die op en wakker liedjie met ‘n somer-gevoel.

#

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

 

Scroll To Top