We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Eon: Ligjare

Eon: Ligjare

Nuwe Boy Band is Eon Stap voor die res!

In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is. Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.

Pieter Marcato is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiek behoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Hy het eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry word ook deel van Marcato tot einde 2014.

Altus Theart het weens sy verskyning op talle Stage and Screen produksies, geen bekendstelling nodig nie.  Hy, Pieter en Jerry het op ‘n motorfiets uitog gegaan en besluit hulle wil saam musiek maak… daarna is EON gebore.

Ligjare is hul heel eerste volledige album, asook die naam van hul eerste enkensit. EON se optredes is energiek en luisterryk. Van ou bekende saamsing liedjies tot kraakvars nuwe treffers in die unieke EON-styl.

#

Comments are closed.

Scroll To Top