We are Proudly South African
Home / Archived / Music Archives / Deca: DECA II

Deca: DECA II

Die volgende Hoofstuk in die Deca Verhaal.

DECA het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie instrumentale musiekgroep het die afgelope jaar duisende musiekharte kom verower en is reg vir die volgende opwindende hoofstuk van hulle loopbaan.

Die vars, moderne en passievolle manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter dié snaarpaar se kitssukses en hul splinternuwe album, II, wat pas vrygestel is, bou voort op hierdie tendens.

II bestaan uit 13 lekkerluistertreffers in tipiese DECA-styl, wat unieke verwerkings van verskeie bestaande gunstelinge, soos Shape of You, Despacito en Kiss insluit. Daar is ook drie oorspronklike snitte, Irish Festival, St Paddy’s Jig en Oorwin wat die publiek beslis sal beïndruk. Laasgenoemde is saam met Len Muller opgeneem en is ook die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe CD. Oorwin is deur Douw Steyn en William de Bruin, wat medevervaardiger van die album is, geskryf. William het in 2017 deur erge depressie gegaan en die liedjie is geïnspireer deur die feit dat daar lig is aan die einde van die tonnel.

Die groep is verder ook baie opgewonde oor Timber/Oukraalliejide Mashup en glo dat dit die potensiaal het om ’n groot treffer te wees.

Volgens DECA was die grootste uitdaging, tydens die opname van die album, om alles teen die sperdatum gedoen te kry. ’n Ander opwindende projek wat ook pas die lig gesien het, is hulle album, Themes & Love Songs, wat by konserte en op iTunes beskikbaar is. Hierdie vrystelling is opgedra aan DECA se lojale aanhangers en is ’n samestelling van al die gehoorgunstelinge wat oor die jare versoek is. Die CD bevat instrumentale verwerkings van gewilde liefdesliedjies, soos From This Moment en Toe Vind Ek Jou, asook musiek vanaf televisie- en rolprentklankbane soos Game Of Thrones. Dit is dus die perfekte agtergrondmusiekoplossing vir troues en korporatiewe funksies.

Die duo, wat in 2014 ontmoet het, bestaan uit ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as sewe-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Douw is ook een van die mede-eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is saam met William de Bruin. DECA is gebore uit hulle gereelde saamspeelsessies en unieke folk-aanslag, wat baie goed deur gehore ontvang is. Die groep het ook reeds die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskeie funksies, bekendstellings en feeste, wat Aardklop insluit, opgetree.

DECA wil graag vir hulle ’n plekkie losspeel in elke demografie van die land en wil ook binnekort hulle musiek aan internasionale radiostasies voorlê. Hulle het groot bewondering vir kunstenaar soos Lindsey Stirling, Piano Guys en Die Heuwels Fantasties en sal graag nog eendag saam met Joshua na die Reën wil werk.

Die dertien sorgvuldig uitgesoekte snitte, beloof nie net om jou hartsnare te prikkel, jou voete te laat jeuk en jou uit te nooi om saam te sing nie, maar ook om van jou ’n aanhanger te maak as jy nie reeds een is nie.

 

Liedjies op DECA II

Shape of You

Oorwin, saam met Len Muller

Irish Festival

Can’t Stop the Feeling

Africa

Kiss

St. Paddy’s Jig

Despacito

Secrets

Timber/ Oukraalliedjie Mashup, saa met Burman

Toss the Feathers

Without You

Saying Something Stupid

Liedjies op Themes & Love Songs

From this Moment

St. Elmo’s Fire

Toe vind ek Jou

Beauty and the Beast

Game of Thrones

Breathre (2AM)

Now we are Free

I Don’t Want to Miss a Thing

All of Me

Halleluja

Pachelbel’s Canon

 

Trust us, DECA made you a fan. Now DECA II will make you wait eagerly for DECA III

#

Comments are closed.

Scroll To Top