Home / Reviews / Music Reviews / Adam: Bewe

Adam: Bewe

Afrikaans, met verwerkings wat jou sal laat glimlag van lekker kry.

deur Louw Mulder

Adam se CD, BeweTen spyte van al die bewe en skeef-loop van ‘n paar drankies te veel, was daar groot partytjie gehou tydens die vrystelling van Adam se nuutste album, Bewe, wat die afgelope naweek by Weiveld, in Pretoria die lig gesien het. Om die musiek op hierdie album lewendig te ervaar, was alles wat nodig was in die resep vir ‘n rowwe, tog onstspannende aand uit.

Saam met Stage and Screen se media vriende, asook die wonderlike vennote by Starburst Promosies, ADAM se publisiteitspan, was die hele skare op ‘n baie genotvolle manier aan die nuwe musiek van hierdie trio bekend gestel, wie bestaan uit Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant. Daar was tot kullende liedjies op die speellys, soos Eden se Knieë Lam, en hulle eie weergawe van Luis Fonsi en Justin Bieber se Despacito.   

Die pad terug Johannesburg toe, het my genoeg kans gegee om Bewe kliphard te speel, en tog is hierdie album dus perfek vir die lang pad. Op hierdie album, is daar vyftien snitte, waarondermeer die treffer vanaf hulle EP saam met Daniel Baron, Say What You Want, hulle indrukwekkende liedjie wat uit 16 000 inskrywings uit 130 deelnemende lande, as finalis gekies is vir die International Songwriting Competition, wat in Nashville, Tennessee gebaseer is.

Vaderland, heel moontlik een van my persoonlike gunstelinge op hierdie album, het ‘n tradisionele gevoel, saamgevleg met ‘n Folk Genre, met hulle insluiting van ‘n Tempo rubato, wat versoorsaak dat hierdie snit ‘n paar keer uit lekkerkry herhaal word. Vaderland, dui op die vuur van ons land wat weer aangesteek word na soveel dinge daardie vuur blus.

Tydens Bewe se vrystelling, het ek die voorreg gehad om met die Adam Threesome te kan praat oor hierdie nuwe uitreiking, en hulle het juis meer agtergrond oor snitte soos Vaderland verduidelik: “Adam is al 8 jaar oud, en dus meer volwasse, en meer politiek gedrewe, met ‘n emosionele patriotisme, wat uitgekom het van goed wat ons self deurgegaan het…” het Kyle verduidelik.

Die radio in die kar het uiteindelik kans gekry om die derde snit op Bewe te speel. Goeie ou dae, ‘n nommer wat soos al die ander hierdie drie manne se harmonie vermoeëns af show, is weereens ‘n Adam original, waar die wysie baie vinnig aangeleer word, en in die kop vashak. Met verwerkings wat regtig my onbewustelik op die hoofweg laat versnel het, is hierdie treffer een wat baie dieper betekenis het as wat op die eerste indrukke gedink mag word.

In my chat met die drie, het Kyle verduidelik dat met elke album verstaan hulle meer wat hulle mark en hulle aanhangers wil he. “Ons mission is om ‘n balans te kry tussen waarvan ons mense hou, en waarvan ons hou, en dit dan met mekaar te verbind.”

En met die, was dit tyd op die CD vir die titelsnit, Se My (Bewe), wat ‘n liedjie is wat gaan oor ‘n mengelmoes van cheesy Pick-up lines. Met ‘n inleiding wat bestaan uit staccato klankie van die klavier, word hierdie snit nogal vinnig van vooraf gespeel, om weer na die lirieke te luister. Die tempo van hierdie snit is nogal vinnig, en die verwerking is so vol en groot, dat ‘n mens mooi na die lirieke moet luister tussen die musiek en die harmonieë.

Vir my was dit ‘n briljante idee van die manne van Adam, om ‘n drie-teen-een collaboration saam met Kyle se vrou (Elizca Coetzer) op te neem. Kalmeer, ‘n snit wat met die volle verwerking, asook met ‘n akoestiese verwerking twee keer op Bewe verskyn, is my nommer een op hierdie CD… Die wysie, en die baie mooi harmoniese verwerking tussen drie mans, en ‘n baie sterk, kragtige vroulike stem, het ‘n hoendervleis uitwerking op my gehad, met lirieke wat ek dadelik agtergekom het was oor en oor geskryf, om die regte woorde, spesiaal deurdunkte terme te kry, wat sorgvuldig by mekaar gerangskik is, om die lierieke van Kalmeer so diep te maak, soos onder meer hierdie uittreksel: “Ons trek nou swaar, Maar ons was al daar, Lewenslesse daaruit geleer, sterker weer teruggekeer… Ons was al hierdeur… Ons weet hoe om dit deur te maak, die Swaarkry het heel gemaak…”

“Toe ek [Hugo] hierdie liedjie geskryf het, het ek dit as ‘n duet gehoor. Weens die inhoud van die lirieke, was dit vir ons ‘n moeilike keuse,” het Hugo, skrywer van Kalmeer tydens ons vinnige geselsie verduidelik: “Dit is toe dat Kyle voorstel dat ons dit saam met sy vrou op neem. As ek nou terugdink, sidder ek om te dink hoe dit sou uitgedraai het met iemand anders.” het Hugo hulle heel perfekte keuse sonder rede verduidelik.

Die ander samewerking op Bewe, is die twee snitte Hyg en Ken jou Waarde, wat saam met die gesogte rap kunstenaar, of soos Reynardt Hugo ons taalgebruik reggehelp het, ‘n “Kletsrym Kunstenaar”, opgeneem is. “Ons het Early B toevallig eendag op ‘n TV program ontmoet. Hy is ‘n ongelooflike kunstenaar van Port Elizabeth af, en die genuinste, baie talentvolle kunstenaar, wat amazing is om mee te werk.” het die trio saam met mekaar gestem. Volgens my, nie mal oor kletsrym nie, is hierdie twee snitte baie goed ingesluit om balans aan Bewe te gee.

Ek het ‘n paar jaar terug ‘n baie gunstige resensie geskryf oor Adam se EP saam met Daniel Baron, en juis daaroor was ek nogal opgewonde met die akoestiese insluiting van hulle raakvattende liedjie, Say What You Want. Ek het dus juis as gevolg van hierdie vroeer sukses, dit met die hierdie boyband bespreek, en hulle antwoord het vir my, iemand wat breed glimlag as mense grense probeer verset, nogal hoop gegee vir hoër hoogtes vir Adam:

“Wat hierdie album anders maak, is dat die klanke deur internasionale invloede geinspireer is, so ons wil graag weer ‘n Engelse album uitbring. Met hierdie internasionale invloede, en nie vir enige ander rede nie, probeer ons in pas bly met internasionale klanke. Ons is trots op Afrikaans, maar ons het soveel musikale kreatiwiteit in ons wat ons wil uitbring, en hierdie gaan verder as net Afrikaans.” Hulle het vir my sin gepraat, maar vinnig my net weer gerus gestel: “Afrikaans bly ons eerste en gunsteling taal om in te sing!”

Bewe is ‘n uitmuntende produk van unieke en oorspronklike werk, verwerkings van ‘n ander wêreld, met harmonieë wat die eintlike komposisie ‘n totale ander dimensie gee.

Bewe is nou beskikbaar, en volgens my, ‘n lekker-luister-lysie van goeie Afrikaanse Musiek…

Comments are closed.

Scroll To Top